Sondagaand 03 Junie 2012

Sondagaand 03 Junie 2012: Waarom laat God lyding toe?
Mense sê: Ek wil nie in 'n God glo wat lyding veroorsaak nie, selfs al bestaan hy, sy of dit!


Hoe kan ‘n goeie God lyding toelaat? (Matt 10:29-31)



1.  Inleiding:



·         Aanhalings van opmerkings van mense oor lyding in die wêreld:

“God allows terrible suffering in the world. So he might be either all-powerfull but not good enough to end evil and suffering, or els he might be all-good but not powerfull enough to end evil and suffering. Either way the all-good, all-powerfull God of the Bible couldn’t exist.”



“This isn’t a philosophical issue to me. This is personal. I won’t believe in a God who allows suffering, even if he, she, or it exists. Maybe God exists. Maybe not. But if he does, he can’t be trusted.”



·         Vir baie mense is dit nie die eksklusiwiteit van Christenskap wat die grootste probleem is nie, maar die teenwoordigheid van kwaad en lyding in die wêreld. Dit is vir baie mense ‘n uiters persoonlike saak!



2.  Verklaring van lyding!?



·         Ons probeer baie keer lyding verklaar en dink dan dat dit sal help om dit beter te verwerk as mens darem weet hoekom dit plaasgevind het. Die probleem daarmee is dat ‘n rede / verklaring wat vir een werk, werk nie noodwendig vir ‘n ander een nie!



·         Vgl Matt 10:29-31/veral v29: “En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.” - Mense lei uit die teks af dat God die oorsaak was of dit toegelaat het dat die mossie geval het

o   V29 (OV): “Word twee mossies nie vir ‘n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.” Nader aan die Grieks.

  • Dit maak ‘n verskil aan die betekenis. Ons kan nie hieruit aflei dat God die oorsaak was dat die mossie gesterf het nie!



·         Vgl Job se situasie en sy vriende: toe Job ernstige lyding beleef het, het sy vriende geglo daar moet ‘n rede wees daarvoor. Hulle het geglo Job het gesondig en moet sy sonde bely, dan sal dinge weer regkom. Op die ou end was God kwaad vir die vriende en het gesê: hulle het nie die waarheid oor Hom gepraat nie!



·         Bybel verklaar nie lyding of kwaad nie

  • Die bestaan van lyding, kwaad, onreg, siekte, natuurrampe word nie in die Bybel verklaar nie. Daar is nie ‘n logiese rede of verklaring nie. Ons hoef nie antwoorde te probeer gee nie! God is ook nie die oorsaak van lyding/kwaad nie!
  • Ons kan wel aflei dat lyding of kwaad die gevolg is van die sondeval en die gebroke wêreld waarin ons leef! Die mens het in die paradys ‘n keuse gehad om God uit liefde te dien, maar het die verkeerde keuse gemaak en daardeur is die hele skepping diep geraak deur die sondeval!
  • God is ook nie die enigste mag wat werksaam is in die skepping nie: daar is die mens wat sy eie keuses maak; die sondige natuur van die mens; magte en kragte in die natuur; en die bose. Alles wat gebeur kan ons nie sommer aan God toeskryf nie!



3.  Lyding en kwaad is nie bewys teen God nie!



·         Bestaan van kwaad en lyding is ‘n probleem vir die gelowige; maar dit is nog ‘n groter probleem vir die ongelowige.

  • C.S. Lewis vertel hoe hy aanvanklik die idee van die bestaan van God verwerp het agv die wreedheid van die lewe. Toe ontdek hy dit is nog ‘n groter probleem vir hom sonder God.
  • Dit is ‘n fout as jy dink as jy God verwerp, maak dit die hantering van lyding of kwaad makliker!



4.  God kan lyding + kwaad gebruik!



·         Opmerking van Prof Heyns: God bestraf die sonde, begrens die sonde, en kan die sonde benut/gebruik! Alhoewel niemand dankbaar is vir lyding, tragedies of onreg in hulle lewens nie, getuig verskeie mense agterna dat God dit gebruik het tot groei en verdieping in hulle lewe.



·         Vgl Gen 50:20: Verhaal van Josef:

o   Josef se broers het kwaad bedoel deur hom te verkoop aan handelaars

o   God het dit gebruik vir ‘n goeie doel: om ‘n volk van uitwissing te red

o   V20: “Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ’n groot volk nou in die lewe gebly het.”

o   Rom 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” Wonderlike troos! Gebruik die teks later in die proses met mense! Nie in die begin nie!



5.  God is nie onbetrokke by lyding nie!



·         Konteks van Matt 10 - Jesus stuur die twaalf dissipels uit om die evangelie te gaan verkondig (v1,5). Hy waarsku hulle dat daar teenkanting en vervolging op die pad gaan wees (v16-17). Jesus verseker hulle dat hulle nie bekommerd (v19) of bang (v26,28) hoef te wees nie, maar dat hulle eerder eerbied en respek vir God moet hê! (v28). Dit help as ons aanvaar lyding/swaarkry/teenkanting is deel van die lewe en deel van die Christen se pad saam met God!



·         “Sonder julle Vader” v29 beteken dat niks sal gebeur sonder dat dit julle Vader sal raak nie en dat Hy daar sal wees nie! Hy gee om vir mossies! Hoeveel te meer vir sy kinders! Self sy kinders se hare op hulle kop is almal getel. God vergeet nie sy kinders nie, veral nie in lyding nie!

  • Vgl Jesus se kruis: God identifiseer Hom met ons swaarkry en neem dit op Hom. God kry ook swaar deur sy Seun so te sien ly. Christelike godsdiens is die enigste godsdiens met ‘n God wat ook ly, ander godsdienste se god ly nie. Ander godsdienste en standpunte het nog ‘n groter probleem met lyding!
  • Vgl Jesus se opstanding: God oorwin die swaarkry + sonde + magte
  • God gaan alles nuutmaak by die wederkoms: God gaan ‘n nuwe hemel en aarde sonder lyding/swaarkry/trane/onreg skep!


No comments:

Post a Comment