Sondagoggend 03 Junie 2012

Sondagoggend 03 Junie 2012: Hoe kan ons sê daar is net een weg tot God?
Mense sê: Is dit nie arrogant om jou godsdiens bo ander godsdienste te stel en dan almal te probeer bekeer tot jou godsdiens nie?


1 Johannes 4:1-10



Hoe kan jy enigsins daarop aanspraak maak dat jóú godsdiens die enigste ware godsdiens is?



40 jaar gelede sou ons vra wat is die hoofoorsaak van onvrede in die wêreld - een of ander politieke ideologie, tyd van die koue oorlog – kommunisme teen kapitalisme ens.

·         Vandag sal die mense sê dis godsdiens. Ons kan dit nie ontken nie.



Kom ons kyk na verskillende strategieë om die probleem aan te spreek.



Eerste: Probeer om godsdiens te verswak in die uiteindelike hoop dat dit sal verdwyn.

·         Dit was die verwagting van die USA en bykans die hele Wes Europa.

·         Soos tegnologie meer en meer ontwikkel, sal die nodigheid vir godsdiens afneem en uiteindelik verdwyn.

o   Dit het nie gebeur nie, inteendeel oor die laaste 100 jaar was daar fenomenale groei in godsdienste, veral wat die Xptelike godsdiens betref in Afrika en die Ooste.

·         Daarom wou sommige regerings probeer om godsdiens te reguleer en beheer.

o   Die ironie hiervan is dat hoe meer jy probeer om godsdiens te elimineer, hoe meer groei dit.

Hoekom is dit so dat godsdiens net nie wil verdwyn nie?

·         Daar is slegs wenke in die teks hieroor.

o   Vers 1 - Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is



Dit is duidelik dat Johannes praat van leermeesters. Waarom sê hy dan nie – toets die profete, of toets die leermeesters nie – waarom sê hy toets die geeste.

·         Moenie dink godsdiens is bloot ʼn kognitiewe verskynsel nie.

·         Wat die teks sê is dat agter alle godsdienstige sienings is daar ʼn reeks geestes invloede.

·         Daar is iets soos ʼn geestelike realm.

·         En die mens voel dit aan en wil kontak maak daarmee.

o   Daarom sal jy dit nooit weg reguleer of beheer nie.



Tweede strategie. Kom meer voor.

·         Beperk geloof tot mense se privaat lewe.

·         Wat jy ook al glo, ons moet ooreenkom oor 2 goed:

o   Alle gelowe is eintlik maar net verskillende paaie na God.

o   Hou geloof privaat, en moet nooit in die openbaar argumenteer dat die gemeenskap die waardes van jou geloof moet uitleef nie.

·         Beide het egter EIE geloofsoortuiging.



Waarheid is: almal het eksklusiewe geloof –

·         vraag is: watter groep kan liefdevolle, inklusiewe, versoenende, vredevolle gedrag bevorder?

·         Dit wat uniek is aan Christelike geloof en verskil van alle ander gelowe, want dit sal ons bemagtig om agente van vrede en versoening in die wêreld te wees.

·         Dit is die kenmerke wat jou radikaal sal verander in ʼn agent vir versoening in die wêreld.

Daar is drie dinge:



Eerstens, die BEGINPUNT van ons verlossing

vers 2 Hiéraan ken julle die Gees van God: elkeen wat bely dat Jesus werklik die Christus is wat mens geword het

Dat Christus in die vlees gekom het – daar staan nie dat hy gebore is nie.

  • Natuurlik was ook Hy ook gebore, maar om te sê Hy het gekom, beteken dat Hy iewers anders was voor Hy na die wêreld gekom het.

·         Waar elke ander geloof verklaar dat hulle stigter slegs ʼn mens was, sê die Christendom dat met die koms van Christus het God in die wêreld gekom.



Tweedens die MIKPUNT van Sy verlossing

Vers 2 sê dat Jesus in die vlees gekom het.

  • Hoekom word dit so gestel?
  • Ander gelowe sien die doel van verlossing as om jou te bevry van die vlees.
    • Om aan die vlees te ontsnap.
    • Dit is die probleem – die fisiese wêreld waarin ons woon.
  • Maar as almal dan ontvlug aan die wêreld waarin ons lewe, wat dan van hierdie lewe?



Die Christendom sê egter met die geboorte van Jesus het God ʼn liggaam ontvang

  • en met Christus se opstanding sien ons dat die verlossing wat God skenk is nie om aan die vlees te te ontvlug nie, maar om dit te verlos.
    • Om die wêreld waarin ons leef te transformeer.
    • Dit stem tog ooreen met Jer. 29 werk vir die vrede van Babilon



Derde punt wat is God se WERKSWYSE?

  • In alle ander gelowe is dit so dat as jy gered wil word, moet jy die waarheid wat hulle leer slaafs navolg en doen.
    • Wat beteken dat jy jou god moet liefhê, jy moet ander mense liefhê, familie, naaste.
    • En as jou god dit sien sal hy jou seën en jou red.



Dit is nie wat die evangelie van Jesus sê nie.

  • Eerder sê die evangelie, vers 10: Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ʼn versoening vir ons sondes.
  • God kom en offer sy Seun vir mense wat Hom nie liefhet nie, wat nie goed is nie, wat nie deugsaam is nie, wat nie mekaar liefhet nie.
  • En net deur die ongelooflike genadedaad van God gered kan word.



Maar sal mense sê, ons hoor dit, maar moet ons nie eintlik maar net almal mekaar leifhê nie?



Vriende dis nie wat die teks sê nie: vers 2 elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God.

·         Dit is hierdie onderskeidende kenmerke wat, as ons dit in ons harte neem en leef, ons sal verander in mense wat die wêreld so broodnodig het.



Die Evangelie is die enigste geloofsisteem waarvan ek weet, wat leer dat mense wat nie soos jy glo nie, moreel selfs beter as jy kan wees –

·         want die evangelie sê juis jy word nie gered omdat jy wys is, of goed is, of die waarheid leef nie,

o   jy word gered omdat Jesus wys is, goed is en die waarheid leef!!!

·         En jy word juis gered omdat jy erken jy is NIE beter as enigiemand anders nie,

·         ons is ʼn sondaars en leef net uit genade –

o   Luk 18:13 vv

·         Elke ander geloofsisteem leer jy is beter as die ouens wat nie glo soos jy nie.



Almal het eksklusiewe oortuigings, maar watter stel oortuigings lei tot die mees inklusiewe gedrag?



Waarop kom dit neer:

·         Die Christelike geloof gaan oor ʼn Man aan die kruis wat mense liefhet wat Hom nie liefhet nie,

·         wat mense vergewe wie Hom misbruik, Hy dien mense wat Hom opponeer.

·         Toe die vroeë Christene dit snap kon die Christendom uitbrei tot dit wat ons vandag ervaar.

·         As ons dit snap, hoe kan ons eksklusief wees, wreed wees uitsluitend wees, haatdraend wees – teenoor enigiemand.

No comments:

Post a Comment