Sondagoggend 10 Junie 2012

Sondagoggend 10 Junie 2012: Wie gee jou die reg om vir my te sê hoe ek moet lewe?
Mense sê: Die "een-waarheid-pas-almal-godsdiens" is net eenvoudig te beperkend!


Galasiërs 2:4-16



Vanoggend se tema handel oor die feit dat baie mense voel die Christelike geloof beperk jou vryheid, begrens jou so dat jy nie werklik vry kan lewe nie.



Vryheid is meer kompleks as wat ons dink.

Paulus gaan na Jerusalem en voer diskussie oor sy apostelskap en roeping vir die heidene, uiteindelik stem al die ander apostels met hom saam.



Maar!! in vers 4 sê Paulus ons is vry, terwyl ons in 10 herinner word dat ons steeds onderworpe is aan Bybels/etiese norme.

·         Maar hoe werk dit. In 4 is ons vry maar in 10 is ons gebonde



Dit is omdat die moderne mens vryheid verstaan as die afwesigheid van enige beperkings, begrensing.

·         Of - hoe minder beperkings hoe meer vryheid.

·         Voorbeeld – as ons ouer word nie alles eet wat ons wil;

o   dr sê beperk sekere voedsel;

o   Dan doen ons so sodat jy die ryker dieper vryheid van goeie gesondheid en lang lewe kan geniet.

o   Kan nie altwee hê; alles eet én gesondheid.

·         Die bevrydende van grense, beperkinge is dus om ʼn dieper, ryker vryheid te kan beleef.



Meer tradisionele denkers dink egter weer vryheid kom deur dissipline.

·         Voorbeeld: jong seun van 20jr 1,5 meter wat Springbokslot wil word.

o   Iemand het vir hom gesê jy kan enigiets word – net wat jy wil,

o   solank jy net glo, en so mors hy sy lewe op.



Dus vryheid is nie die afwesigheid van grense nie, maar ook nie die aanwesigheid van grense nie.

·         Vryheid is juis die teenwoordigheid van die regte grense of beperkinge,

·         die soort grense wat pas by wie jy is, wat pas by jou Godgegewe natuur.



Die beste voorbeeld van die kompleksiteit van vryheid is liefde.

·         Liefde is ʼn manier om vryheid te beleef.

·         Dit bring tog die vryheid van sekuriteit, vervulling en vreugde.

·         Maar hierdie vryheid kom slegs as jy al jou ander individuele vryhede prysgee.



Hoe meer intiem ʼn liefdesverhouding, hoe minder onafhanklik kan jy wees.

·         Die enigste manier om die vryheid van liefde te ontvang is om vryheid op te gee.



Nou is hier dalk iemand wat mag dink ja, dis goed, maar ek was in ʼn liefdesverhouding waarin ek alles gegee het, maw grense aan my eie onafhanklikheid gestel het,

·         maar my maat het nie, en in die proses is ek ontmenslik en uitgebuit.

·         Ek is bang om terug te gaan na daardie soort verhouding.

·         En ek is bang dat ek uitgebuit gaan word.



Jesus is meer bevrydend as wat jy dink.



I-Robot, Sonny-robot, gemaak om robotrebellie te lei.

·         Doen so, en aan einde van fliek vra hy vir Spooner, now that I have fullfilled my purpose, I don’t know what to do?

·         Waarop Spooner antwoord: I guess you have to find youre way like the rest of us, Sonny, that’s what it means to be free.

·         En hiermee het die draaiboekskrywer die moderne verstaan van vryheid vasgelê.



As daar ʼn ontwerpprogram is, goddelike voorskrifte van jou maker waaraan jy moet voldoen,

·         dan is jy slegs ʼn robot – ontmenslik en onvry, gebonde.

·         Jy is dan slegs vry as daar geen ontwerpdoel,

o   geen doel vir jou bestaan is nie,

o   geen voorskrif waarvoor jy die knie moet buig nie.



Maar Johannes 1:1 sê: In die begin was die Woord, die logos in Grieks.

·         Johannes gebruik baie doelbewus ʼn gelaaide, filosofiese tegniese term.

o   Logos beteken logic/rede.

o   Is egter nie rede in die algemeen, eerder rede vir lewe.



Griekse filosowe het hieroor by herhaling gefilosofeer – wat is die rede vir lewe?

·         Wat is die rede vir ons bestaan?

o   Maw wat is ons logos?

o   Ons rede tot bestaan?

o   Wat is die absolute waarheid?



Hulle het alle kante toe probeer.

·         En met die tyd van Jesus se koms het die klomp filosowe reeds die weg van speurder Spooner gevolg.

o   Miskien is daar tog nie ʼn absolute waarheid waarvoor ons gemaak is nie.



En dan kom Johannes sê – verkeerd!!

·         Daar is ʼn logos. Daar is ʼn absolute Waarheid.

·         In die begin was die absolute Waarheid al daar.

·         En wat meer is, dit is nie ʼn klomp voorskrifte waaraan jy moet voldoen nie.

·         Die absolute waarheid is ʼn persoon.

·         Nie ʼn beginsel, dogma of wat ookal nie.

·         En dit is waarvoor jy gemaak is, vir Hom,

o   om Hom lief te hê, ken, geniet, doen



Die waarheid, Jesus maak ons vry.



Wanneer ons in liefdesverhouding is, moet onafhanklikheid prysgee.

·         MAAR beide moet dit doen:

o   ons sal ons afhanklikheid prysgee,

o   ons sal aanpas bymekaar,

o   ons sal ons behoeftes opgee vir jou.

·         Dan is dit hemel op aarde.



As een egter nie saamspeel dan voel die ander inderdaad uitgebuit, vind ontmensliking plaas.

·         Dis erger as om nie ʼn verhouding te hê nie.

·         En dit is waarom die Duitse ateïst filosoof Nietsche ea sê ʼn verhouding met God is per definisie onmenslik.

·         God gee reëls en jy moet opoffer en aanpassings maak; van Sy kant gebeur niks.



Maar nie met hierdie God nie.

·         U moet verstaan daar word baie gode aan ons voorgehou in die wêreld,

o   maar dis net die Christelike godsdiens wat sê God – die absolute waarheid - het mens geword en gaan as sulks na die kruis.

o   En aan die kruis sê Jesus, God, ek gee my onafhanklik op vir jou, Ek pas aan by jou, Ek offer op vir jou.

§  HY was uitgebuit.

o   Jesus kom na ons en sê Ek het reeds die oorgawe gemaak!

o   En Ek was doodgemaak daarvoor!

·         My arms is oop vir jou. Hoe kan jy enigsins meer van enige god vra as dit?



Jy vra hoe kan ek God vertrou – hier is ʼn God wat Sy vryheid, Sy lewe vir jou prysgegee het. Fil 2.

·         ʼn God wat die uiterste vry Wese was en Hy gee dit op vir jou en my,

o   GOD gee sy VRYHEID prys – sodat jy kan weet jy kan Hom vertrou.

·         Dit is vryheid.

·         As God ʼn klomp reëls gemaak het en dan gesê het jy moet dit nakom voordat ek jou red, dan het ons dit uit vrees gedoen.

·         Vrees vir die hel en wat nog alles.

·         Maar as God Sy Seun stuur om vir my te sterf, in my plek te sterf – dis bevrydend.



Het die Waarheid jou al vrygemaak?

No comments:

Post a Comment