Thursday, August 11, 2011

11 September - Aan God alleen die eer - Praise & Worship

3 comments:

  1. Nou ja ,dit is dan die eerste keer wat ek my hand aan iets aan die blog slaan,,
    Dankie Wouter vir die praktiese preek.Ek, as praktiese man geniet dit om my geloof in die praktyd toe te pas.DWS elke dag in en by my werk.

    Wat het ek te se oor die reeks?Ek sien dit so!

    Jy moet jou motor na n werkswinkel vat wat goed toegerus is om 'wheel allignment" te stel.Jy gee toestemming dat hulle maar kan stel soos hulle goeddink.
    En as jy eers daai computor print- out in jou hand het,voel jy sommer net beter en gerus,want jy het dit op skrif.Dis reg,die grade en verstelling is aangedui."before and after"
    Selfde in die praktyd.Jy moet by jou hersteller uitkom,jou Vader,om jou allignment "reg" te kry!
    Jy moet tyd daar deurbring om die verstelling te laat plaasvind.Jy moet jouself beskikbaar en ontvanklik stel.
    Verskil is ons het klaar die print out in ons hand.Ons moet net die aanwysings volg,dan bly die allingment "in"

    Dis maar soos ek dit sien,,Prakties"


    Groetnis Henk

    ReplyDelete
  2. Sola Scriptura, Sola Gracia, Sola Christus, Sola Fide, 4 geloofsbeginsels, Alleen U Woord, Alleen U Genade, Alleen Christus en Alleen My Geloof.

    Wouter, baie baie dankie dat die Here jou gebruik as 'n instrument in Sy hande om vir ons die 4 geloofbeginsels te leer.

    My gunsteling bybelvers is Joh.3:16. Want so lief het God die wereld gehad, dat Hy Sy enige gebore seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die Ewige Lewe kan he.
    Genade, dit wat ek al so dikwels beleef het, U Woord, my handleiding vir die lewe en Christus wat elke sekonde deel van my hele lewe is.
    Geloof is jou keuse. Ek kan my nie voorstel om sonder Jesus se liefde vir my te lewe nie.
    My seun het Sondag aand opgestaan en bely dat Hy vir Jesus liefhet. Vir ons as ouers is dit Genade.
    Ek het my pa verloor toe my man oorsee moes werk. Christus was my Trooster!
    'n Jaar later het ons my Skoonma aan die dood afgestaan. Saam het ons met die Here geworstel, en geleer dat dinge op Sy tyd gebeur en nie op Ouma of my tyd nie. Soms het ons magteloos gestaan en toekyk, soms was daar beterskap, maar die hele tyd was ons bewus van God se mag.
    Saam het ons 'n geestelike "journey" gestap.
    In ons alledaagse lewe, is daar Genade, ons het die Woord, ons ken die Here, en al wat ons moet doen, is Glo. Wat 'n voorreg!

    ReplyDelete
  3. Ek is seker daarvan julle het gehoor Radio Kansel 657 AM het nou in die Kaap 'n nuwe Christen stasie onder die naam Kaapse
    Kansel 729 AM. Ek was 'n tydjie terug in die Suid-Kaap met vakansie gewees en het Kaapse Kansel daar nie so duidelik opgevang nie. Ek hoop nie julle gee om as ek vra nie, maar hoe goed vang julle Kaapse Kansel in La Rochelle op?

    Ek is 'n Christen wat lief is vir Jesus en ek ondersteun Radio Kansel al die pad. Ek is baie bly dat die Kaap geseën is met hierdie wonderlike nuwe Christen stasie. Ek hoop die Kaapse Kansel gaan nog die Noord-Kaap, die Suid-Kaap en die Oos-Kaap haal.

    ReplyDelete