Thursday, August 11, 2011

28 Augustus - Genade alleen

4 comments:

  1. O Heer, U genade is voorwaar vir my genoeg! Ek verklaar dat U my Ewige Vader, grootste Vriend en wonderbaarlike Voorsiener is. As die lewe met sy drukpotte en krisisse my wil ontsenu, sal ek aan u beloftes vashou en myself bly herinner dat hierdie nie ons bestemming is en dat ek kan uitsien na 'n Ewigheid saam met U. Dankie vir 'n gemeente waar ek tuis kan voel, kan groei en predikante wat hul herderskap ernstig opneem. Benita

    ReplyDelete
  2. Wouter

    Na aanleiding die geskenk wat jy as beeld gebruik het.
    1.Baie vat die geskenk, ken die geskenk - maar maak dit nooit oop nie - sal later oopmaak, het nie nou tyd nie...en so maak party dit nooit oop nie
    2.Baie vat die geskenk, ken die geskenk, maak dit oop - maar gooi dit later in die drom of bêre dit en vergeet later daarvan
    3.Party vat die geskenk, ken die geskenk, maak dit oop, aanvaar die geskenk, neem eienaarskap van die geskenk (wedergeboorte) en die geskenk verander die persoon elke dag stukkie vir stukkie. En volgens my dan waar Jakobus kom en sê wys my 'n geloof sonder dade (of Johan se heiligmaking)
    Vir my lê daar 'n groot verskil tussen 2 en 3.?
    Die dag toe ek regtig die genade geskenk wou hê, daarna gesmag het, nie daarsonder kon lewe nie, en die geskenk "genuine" geneem het en oopgemaak het, het die geskenk my stukkie vir stukkie begin verander elke dag - en dit is net genade.
    Ek het een kersfees 'n visrooster gekry, dankie gesê daarvoor, maar dit nog nooit gebruik (eienaarskap geneem) - met die gevolg ek braai nog steeds vis op my ou manier!
    Ja, party dae voel ek baie ver van God en party dae twyfel ek, maar dan hou ek vas aan God se genade geskenk. Adri

    ReplyDelete
  3. Sy genade is vir my genoeg...Dis net so 'n ongelooflike geskenk uit Onse Vader se hand..Dit dra mens deur so baie in die lewe..Dankie Jesus! I LOVE U yesterday, today and always!! Sandra

    ReplyDelete
  4. Hoe kan ek stil bly, As ek weet hoe voel U liefde,
    Hoe kan ek stilbly, As ek weet dat U bestaan, Hoe kan ek lewe sonder om vir U te lewe. Hoe kan ek sing sonder om vir U te sing...
    Oor die hoogste berge, oor die hele wereld wil ek verkondig. U is Heilig. Van die ooste tot die weste. Tot hoog bo in die hemel, oor die hoogste kranse, wil my hart sing oor al U liefde. U genade. Tot aan die einde sal U naam op my lippe wees. (Juanita du Plessis - Wees lig)
    Johan

    ReplyDelete