Thursday, August 11, 2011

4 September - Geloof alleen

3 comments:

  1. Hi Wouter
    Jammer as ek jou "gedrop" het laasweek, maar my week was net te vol. Die onderwerp was en is 'n gewigtige saak jou preek het genoeg stof tot nadenke gegee, so ook vannaand se preek. Ek het baie om oor na te dink, en wil dit stukkie vir stukkie verteer en sal dan kommentaar lewer, hopelik nog die week.

    Wat egter van belang is dit het in my hart gespreek, want ek is maar net 'n sondaar wat so afhanklik is van Sy genade. Ek kan verklaar: Ja HERE, U genade is vir my genoeg. Ek glo vas dat dat U die enigste ware God is en dat dit U liefde is wat my in geloof aanraak en tot verantwoordelikheid roep om te sien waar U werk en daar mee te gaan werk.

    Wat die werke betref, is ons almal maar vlees en geneig tot werke om saligheid te verdien. Ons weet al te goed dat die werke ons nerêns bring nie. Maar as die meewerk aan daar waar God werk, as 'n dankbare uitdrukking van ons geloof is, bring ons 'n lofoffer voor God.

    Ek moet seker elke dag op my kniee gaan en die gesindheid van my hart voor God ondersoek waarmee ek "werke" vir God gedoen het, het ek dit vir myself gedoen of om deur ander raak gesien te word of was dit 'n lofoffer.

    Ek voel skaam want my gesindheid, my hart is nie altyd ge-align met my Skepper nie, en ek het Saterdag dit prakties gesien toe ek Magda se kar vir wielsporing geneem het, deur uitstel het die linker voorband aan die binnekant afgeloop. Ek wou die maklike oplossing kies en sommer net die spaarband op te sit, die sporing te doen en dat is als weer honkiedory, MAAR toe nie, die bande werk in pare. Die voorste 2 bande moet van dieselde maak wees, spoor anders trek die kar na kant. En dit laat my toe dink aan jou preek. Die Skrif en Christus saam en genade en geloof saam.

    Die uitstel kos my toe nog 'n band koop sodat die spaar en nuwe band dieselfde kan wees en die kar se sporing reg kan werk. Uitstel kos duur, so ook met geloofs alignment. Les is moenie uitstel nie, nog minder in jou verhouding met jou Saligmaker en Skepper.

    Nou op 'n ligter noot: ek sal nou nooit weer dieselde na model kyk na jou demonstrasie vannaand en altyd wonder is haar skoene se alignment uit of soek sy man.

    Laaste opmerking: jou preke help ook met kinders se skool huiswerk. Gerhard kon darem 'n idioom in die klas gee toe hy gevra word danksy jou preek - alle paaie lei na Rome, is al waarmee hy kon op kom. Lyk darem of jou preek se inslag langer strek as net daardie aand.

    Sterkte met jou voorbereiding vir volgende week, sien uit daarna. Mag GOD jou seën in Sy genade om voort te gaan on die woord te bedien, maar meer nog dat meer mense in die hart aangespreek sal word om te blog en aan die gesprekvoering deel te neem.

    Liefde Groete In Jesus

    Bennie

    ReplyDelete
  2. Jis, Kan 'n man nou meer sê as dit. Bennie, jou yster. Ja Wouter, ek sal ook baie meer aan gesprekke soos die wil deelneem maar soos Bennie ook gesê het; "my week was net te vol". So is my weke vol en vind ek dat die weke voortsnel en as ek my oë uitvee dan is nog 'n maand verby. Die sleg is dat ek nie genoeg tyd het vir myself of my gesin nie en voel my lewe al hoe leër.
    Dit is dan dat 'n reeks soos die weer nuwe lewe en energie in my blaas. As ek dink aan Sy genade dan is dit nie net genoeg vir my nie, maar is elke dag nuut. Dit laat my onwillekeurig dink aan die een tienerpinkster waar ons Here se genade vergelyk was aan gemorspos. Jy kan vandag die gemorspos lees, nie lees nie of weggooi maar more is daar weer.
    Dan as ons na Sondag se "sola fide" - gellod kyk dan kom daar baie van ons "geloofsvoorvaders" in my op soos Abraham, Noag en so meer maar daar is ook tekste wat duidelik met my praat soos :- Lukas 5:19: “Toe hulle vanweë die gedrang nie kans sien om hom in te bring nie, klim hulle op die dak en laat hom met draagbaar en al deur ‘n opening tussen die dakteëls afsak tussen die mense in en vlak voor Jesus”
    As ‘n mens praat oor Christenskap en geloof (kennis en vertroue) en die uitvoering van jou Christenskap, is hierdie gedeelte rakende die man wat op die draagbaar na Jesus gebring is, vir my iets wat duidelik tot my spreek.
    Hoe getrou is ons werklik in die uitvoering van God se Woord. Hoe maklik soek ons nie verskonings en omdraaikans nie? Niks kon hierdie manne keer om ‘n verlamde man na Jesus te bring nie. Hulle het een doel voor oë gehad en dit het hulle gedoen – al moes hulle selfs die dak van die gebou oopbreek. Dit spreek van werklike naasteliefde – niks en niemand kan jou keer nie.
    Sal ek die geloof hê om 'n dak oop te breek om 'n vriend te help? Sal ek so onselfsugtig wees om alles vir 'n vriend te doen? Of sal my gesindheid wees soos wat Bennie sê; dat ek "werke" vir God doen, omdat ek dit vir myself gedoen of om deur ander raak gesien te word.
    Is my werke, soos wat Jacobus dit stel, uit geloof, omdat ek dankbaar is vir my verlossing?
    Ek dink net soos Bennie het ons almal (ek eerste) baie van die vrae wat ek in die aand voor ek gaan slaap met my Verlosser moet uitklaar. My broer het jare gelede iets gesê wat my steeds bybly. Hy het gesê dat as ek vannaand na werk huis toe gaan moet ek nie vra wat het ek gedoen of wat het ek dalk nie gedoen nie maar eerder vra; "Did I matter today?" Het ek vandag saakgemaak? Was ek 'n Jesus vir iemand?
    Ek dink ons sukkel maar almal met gesindheid. Maar kom ons wees prakties: dit is nie in die mens se aard om ander te dien nie – hy wil opdragte gee, terugsit en kyk hoe ander dit uitvoer! Henk sou dit "bestuur" noem. Delegeer en sit terug. Dit vra dus van jou en my ’n bewustelike besluit om so ’n gesindheid deel van ons lewe te maak.
    Om ’n keuse uit te oefen wat tot voordeel van ander is en jou eie wil en emosies op die agtergrond te skuif, spreek van innerlike krag - ’n krag wat kom van Christus en jou tot die moeilikste dinge in staat stel (Filippense 4:13). ’n Goeie gesindheid het te doen met jou keuse om vrede in enige situasie in te dra.
    My gebed kan net wees; "Here, my gesindheid is so dikwels een van “ek sal nie oor my laat loop nie.” In afhanklikheid kom vra ek vandag dat U my sal leer om deur my gesindheid vrede in enige situasie in te dra. Help my ook om dinge nie halfhartig te doen omdat ek dink die wêreld skuld my iets nie, maar dat ek so sal optree dat U daarmee tevrede is."
    Ek wou net so 'n paar gedagtes deel maar het alweer begin preek. Wees verseker ek doen dit eerstens vir myself. Ek hoop ek gaan weer so 'n tydjie kry om hier te kom deel.
    Seëngroete in Christus,
    Attie

    ReplyDelete
  3. Liewe vriende
    Die Grootheid van God en Sy almag, maak my stil. Ek voel klein en magteloos in 'n deurmekaar, vuil en donker werêld maar ook trots want my Vader is die Koning en as ek swak is dan is HY sterk.
    Aan God al die eer, want met hierdie reeks het Hy my weer met die basies dinge, geestelike, geloofs dinge die regte pad kom wys. My bewus kom maak van werêldse bagasie wat ek saam dra wat dit vir my onmoontlik maak om 'n pad met my Saligmaker te stap. Al was ek laasweek so besig en ook uitstedig was ek skaam, bang om my getuienis, my belydenis te gee. Bang dat ek soos die fariseer sou wees as ek dit doen. Ek het my die vraag af gevra, is dit nie wat gebeur as jy blog nie. Wat dink ander, laat my getik hul nie soos tollenaars voel nie. Vergeef my dit tog, maar ek kan nie stil bly nie om te erken dat ek die Grootste en Wonderlikste God dien, dat ek elke dag Sy genadigde liefde ervaar.
    Min het ek besef hoe die HERE met my werk, dat ek Sondagaand eers my belydenis sou gee, sonder dat ek dit besef.
    Eers nou dat ek Attie se kommentaar lees het ek besef ek het dit onwetend gedoen, en kan ek met respek sê, was dit nie ek nie, moontlik die gees in my wat daar gespreek het. Maar weet jul watter vreugde leef weer in my, ek kan weer sê ek is tuis by my Vader soos die verlore seun.

    Ek mag dalk soms vol bravade 'n uitdaging aanneem maar vind dit moeilik om hier te tik. Ek wil soos Wouter jul uitnooi om hierdie geleenthede om te blog aan te gryp. Probeer dit 1 keer en beleef iets heiligs. Woorde kan dit nie beskryf, maar as jy stil word en jou gedagtes op die geestelike dinge vestig voel jy sommer of jy by die Heer in SY studeerkamer sit.
    Ek hoop en bid dat hierdie blog wat geskep is nog in gewildheid sal toeneem. Dat die jeug en jonger gemeentelede hiertoe sal toetree, dat ons ongekende geloofsgemeenskap sal beleef en mekaar sal ondersteun en bemoedig, ware Barnabasse sal wees.

    Gegroet in Jesus
    Bennie

    ReplyDelete