Sunday, August 28, 2011

28 Augustus - My getuienis aangaande my verlossing na aanleiding van Sondagaand se erediens!


Jy word uitgenooi om jou persoonlike getuienis aangaande jou verhouding met God op hierdie “virtuele” kerkdeure van La Rochelle te plaas. Wees onbeskaamd in die uiting van ons geloof!


3 comments:

  1. As Tiener het ek 'n godsdiens beoefen waarin ek die leer probeer klim het om by God uit te kom. Op 20 jarige ouderdom het ek die Here Jesus as my persoonlike verlosser aangeneem. Ek glo dat Hy vir my sonde aan die kruis gesterf het en dat ek alleen deur die Genade van God gered kan word. God se genade is vir my genoeg.
    Dankie Here vir U reddende genade.
    Wouter

    ReplyDelete
  2. Die vraag waarom ons uit ons self ons redding wil bewerkstellig...1) want dan is ons nog in beheer. Ons kan besluit hoeveel om te doen of te gee. 2) In die "wereld" is niks verniet nie. Selfs 'n fooitjie word verwag al is die diens hoe swak. God se genade is net te groot vir ons mense verstand om te snap.
    Hoe verder jy op die pad van heiligmaking beweeg hoe meer en meer besef jy God se grootheid, jou afhanklikheid en Sy wonderlike genade.
    Johan vd Merwe

    ReplyDelete
  3. Wouter , dankie vir jou preekreeks Back2Basics, dit het my net meer en meer laat besef dat ek nog baie het om te leer en dat mens net nooit jouself n Christen kan "noem" net omdat jy dink jy die Here ken nie, dis iets waaraan daar elke dag gewerk moet word, iets wat nagestreef moet word en sodoende n leefwyse te word. Daarom is dit so lekker om elke Sondagaand na die erediens toe te kom want "Saam is ons Beter"!!

    Hoges

    ReplyDelete