Thursday, August 11, 2011

21 Augustus - Jesus Christus alleen

Hoekom is dit dat binne die Christelike geloof daar so baie mense is wat glo/dink dat die mens self ‘n aandeel het in verlossing.  
Dws daar word geglo dat Jesus vir ons sondes aan die kruis gesterf het, maar dat die mens self ook nog sekere dinge moet doen???

Hoe voel jy oor die bogenoemde stelling?

8 comments:

  1. Wouter, weer 'n baie goeie preek. Ek verstaan nou waarvan daan jy kom. Ek kom van 'n kamp af waar jong manne nie weet dat Abraham eintlik voor David in die Bybel voorkom nie.
    Maar ek het ook net kon soak in die wete dat dit net Jesus is wat ek moet ken. En al wat ek moet doen is luister na Sy stem en gehoorsaam wees. Dis al wat Hy vra en sodra jy iets wil bysit gaan dit nie meer oor Hom nie maar oor jou (die eie ek)
    Net een God, net een Jesus (seun), net een Heilige Gees.
    Dankie Jesus dat ek niks hoef te doen nie...
    Johan vd M
    PS. Wou vanaand so graag kniel toe die song sê:" on my knees...."

    ReplyDelete
  2. Hi Wouter
    Ek slaan maar vinnig die vinger op die sleutelbord want ek weet die week skop more af en dan eis die "rat race" weer sy tol. Dankie ek het jou antwoord gelees en wou se jy antwoord my nie regtig nie, kan dit seker nog weer bespreek maar kom ek antwoord so ek dink vannaand se preek het die antwoord gegee- Christus alleen.

    Dankie dat jy die moeite doen om "Die Woord" prakties te kom bedien.

    Iemand het onlangs die opmerking gemaak toe hy en vriende saam gekuier het, het 'n persoon opgemerk dis die eerste keer dat hy 'n bier drink en oor CHRISTUS terselfdertyd gesels.

    Mag hierdie reeks van "back 2 basics" gee dat dit ons sal aanwakker om rondom braaivleisvure en al is daar drankie in die hand dat ons die GOEIE NUUS met mekaar kan deel, Christus alleen die antwoord is.

    Ek hoop dat dit op baie meer plekke gesles sal word. Ek is so bly ons het in die NGK verlig geraak om nie eng met God en sy Woord om te gaan nie, daarmee wil ek nie se ons moet disrespekvol wees nie. Tog, en dis seker maar hoe ek groot geword het voel ek ons kan meer respek aan god gee.

    Wouter ek glo dat meer gemeentelede, veral die jeug ons sal "join" hier.

    Dink die "blog" idee is skitterende idee.

    Sterkte met die week.

    Groete Bennie
    ns as die rat race my nie so besig hou nie sal ek graag meer wil gesels.

    ReplyDelete
  3. Al loop my wiele skeef, het ek die versekering van Jesus se liefde en Sy Woord.
    As ek dinge reg verstaan is dit al wat ek nodig het, om net te glo en Sy Heilige Gees sal my op die pad lei.

    ReplyDelete
  4. Na aanleiding van`n geseende diens, net die volgende as `n bydrae:
    Na aanleiding van die vraag: `watter godsdiens is dan die regte een en die waarheid?`Daar is meer as 600 godsdienste en ALMAL glo, net hulle s`n is die korrekte.Wel..ek voel Christenskap is NIE `n godsdiens nie! Dit is `n EVANGELIE. Wat is die verskil??
    1) Daar is menigte godsdienste, maar net een evangelie
    2) Gelowe is altyd mensgemaak, die evangelie is deur God gegee
    3) Gelowe word beoefen, die evangelie kan net aanvaar word
    4) Alle gelowe bestaan uit tradisies, rituele, gewoontes, en wette wat gehoorsaam moet word om `n beloning te ontvang,-maar die evangelie verkondig redding uit genade sonder enige iets wat ons kan doen om dit te verdien!
    JESUS CHRISTUS ALLEEN!
    Kobus

    ReplyDelete
  5. Beste ds Wouter,

    Baie dankie dat u dit u erns maak om u lidmate se vrae op 'n effektiewe wyse aan te spreek. Die blog is voorwaar 'n goeie idee, want ons skaaf mos maar af aan mekaar.

    Ek het gisteraand tydens die diens net weer besef dat dit werklik so is dat as ons fondasie stewig en sterk in Christus staan dat mens soveel minder ontsteld sal word agv menslike veroordelinge en uitgangspunte. Die probleem soms is egter dat mens juis meegesleur word nie deur die wêreldling, maar juis deur geliefdes en familie vir wie mens hoë agting en respek het. Dit maak dit soms baie moeilik om nie emosioneel tog geraak te word deur ander se sieninge en uitgangspunte veral as hulle ook vir Christus as Verlosser en Saligmaker verkondig.

    Iets wat in die praktyk vir my werk is om 'n geestelike mentor te nader sodat ek die knelpunte kan uitsorteer voordat Satan dit regkry om my te lank te ontsenu. Hy bly mos maar die Vader van die leuen en wil so graag ons lamlê met onnodige afbrekende gedagtes.

    Ek besef ook gisteraand terwyl u so mooi duidelik die Skrif rondom Christus alleen, uitlê, dat indien ons alleers die Koninkryk van God soek, Hy alle ander dinge (wat nodig is) by sal voeg. Hierdie besef het my soveel vrede gegee, want as ons Sy opdrag uitleef deurdat ons Sy Koninkryk eerstens en te alle tye soek, dan sal Hy alles wat Hy nodig ag outomaties op die regte tyd, ook gee.

    Weereens baie dankie vir 'n lewensveranderende preekreeks. Aan God al die eer!!

    Jesusliefde,

    Benita

    ReplyDelete
  6. Sjoe dankie julle vir die reaksie op die blog.

    Ek weet hierdie tipe kommunikasie is nie vir almal so gemaklik nie, maar ek is dankbaar as daar van julle is wat baat vind en dit 'n forum raak waar julle jul geloofsake kan "voice"

    Sommer so paar opmerkings van my kant af.
    -Dus juis wat met die Solas bedoel word, om net weer na die grondbeginsels van ons geloof terug te keer. Ja daar is baie meer as net die solas, maar die solas is die "basics" sodat ons op die pad van groei en geestelike dissiplines en heiligmaking kan gaan. Belangrik om te begin by die besef dat ek niks kan doen vir my redding nie, maar dat ek dan juis vanuit my dankbaarheid nie anders kan as om niks te doen nie en uit dankbaarheid die Here te dien. Ek glo ons sal nog iewers hieraan raak.
    -JA Bennie dit is baie belangrik dat ons 'n geintegreerde gelooflewe sal lei en dat God op elke plek deel en sigbaar in ons lewens sal wees. Soos jy dan se met die nodige respek daarmee saam.
    - Johan 'n erediens is by uitstek 'n geleentheid om intiem met God te verkeer, waar jy uitting kan gee aan hoe jy voel en wat jy ervaar voor God.
    - Dankie vir die inset Kobus, ek hoop om die Sondag die spyker ten opsigte van genade om geklink te kry.
    - Mense bly altyd 'n uitdaging itv ons geloof en hulle verstaan daarvan. Die "bottomline" egter is dat ons aan God gehoorsaam sal wees en nie aan mense nie. Mag die Heilige Gees ons hierdie onderskeidings vermoee gee.

    Groete
    Wouter

    ReplyDelete
  7. Sjoe Wouter!
    Jy praat so waar. Ek het nie in my wildse drome kon dink ek sou 'n "blogger" word nie maar nou is ek een. Dalk nie plek waar almal hulself sien nie, wat my bekoomer ek het gehoop die jong klomp wat meer ervaring het in tegnologiese kommunikasie sou jou aanbod aanvaar enhul siening en verstaan kom deel.

    Om hier met jou vriende op geestelike vlak met mekaar te verkeer bring vir my nuwe dimensie en hoop ek dit skep 'n platform waar ons rondom preke interaktief kan verkeer en beter verstaan van die Bybel te kry en die praktiese daarvan met mekaar te deel.

    Amper vergeet my rede hoekom ek wou blog.

    Met 'n persoonlike stiltetyd lees ek Joh1 en hier kom jy en bevestig dit. Die Skrif is die handleiding, en Christus die leermeester wat ons skool in ons geloofslewe. Watter geloof kan dit sê. Is dit nie om van opgewonde te word/wees nie. In die begin was die Woord daar en die Woord het mens geword...

    Dat ek 'n sondaar aan hierdie GROOT GENADE bloot gestel word, verniet. Ek is nie verplig om goed te doen nie MAAR uit dankbaarheid kan ek anders optree, en dit met ander te deel. Is dit nie ook wat Barnabas gedoen het nie.

    Vraag is hoe GEHOORSAAM is ek en jy? En met watter GESINDHEID doen ons dinge, geestelike dinge.

    Ek wil nie hooghartig klink nie maar dit maak my opgewonde om Christen te wees. Kom ons leef die oomblik met oorgawe vir HOM!

    Ek bid tot God om in Sy genade jou toe te rus en te seen in jou voorbereiding vir Sondag om vir ons tot seen te wees.
    Groete
    Bennie

    ReplyDelete
  8. Hi Wouter

    Jy moet oppas om te se ek moet uiting gee aan my gevoel.... Ek en Hilandi wil al lankal voor die Here dans. Jy sien mos niemand sit naby my nie LOL

    Die reeks wat jy doen pas alles net so mooi in mekaar. Voorbidding voordie tyd, voorsang en dan die preek. Die Here se seën rus op die reeks.

    Dankie dat jy na Sy stem luister. Ek bid dat Hy jou sal beskerm, want die vyand hou nie van die waarheid nie.

    Sien Sondag
    Johan vd Merwe

    ReplyDelete